Gevulde Botterskorsie

Gevulde Botterskorsie

Bestanddele

4 botterskorsies, gehalveer en pitte verwyder

30 ml olyfolie

300 g baba-spinasieblare

sout en varsgemaaldeswartpeper na smaak

sap van halwe suurlemoen

250 g fetakaas, gekrummel

Metode

Verhit oond tot 180 °C. Sny die lang gedeeltes van botterskorsies af. Plaas uitgeholde bol-gedeeltes op ’n bakplaat en gooi olyfolie oor. Bak vir 20 minute tot sag.

Skil intussen die afgesnyde deel en sny in klein blokkies. Verhit nog olyfolie in ’n pan en braai blokkies tot sag − so 10 minute.

Voeg spinasie by en roer versigtig tot verwelk. Geur met sout en swartpeper. Haal van hitte af en voeg suurlemoensap en kaas by.

Haal botterskorsies uit oond en vul. Plaas onder die roosterelement tot kaas gesmelt is.

 

Bron:  Sarie Tydskrif (Barbara Joubert)

Foto:  Sarie Tydskrif

 
11,386 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Olive & Rosemary

Mokka Sjokolade Mikrogolf Koek

Sien

Aartappelslaai met kaas en biltong

Sien

Eier en Ham Mandjies

Sien

Hoender-en-rys-gebak

Sien