Patatpoffertjies in stroop
Bestanddele
8 patats, geskil en in dik skywe gesny
STROOP
60 ml (¼ k) asyn
125 ml (½ k) suiker
200 ml water
stuk gemmer van 2 cm, geskil
en in skyfies gesny
2 kaneelstokkies
5 stukkies nartjieskil
BESLAG
500 ml (2 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
60 ml (¼ k) suiker
430 ml (1¾ k) melk
olie vir diepbraai
Metode
Kook die patatskywe tot net gaar en laat effens afkoel.
STROOP: Verhit al die bestanddele in ’n kastrolletjie en roer tot die suiker opgelos het. Laat prut oor matige hitte tot dit met die helfte verminder het.
BESLAG: Sif al die droë bestanddele saam en klits die melk geleidelik by tot ’n gladde beslag vorm.
Verhit die olie, doop die patatskywe een vir een in die beslag en diepbraai tot gaar. Dreineer op kombuispapier en giet die stroop oor.
Wenk
Maak gewone strooppatats: Kook die ongeskilde patats in ’n bietjie water tot net sag. Trek die skille af. Berei die stroop soos beskryf en voeg die patatskywe by. Kook 10-15 minute tot die patats stroperig is.
Bron: Huisgenoot
Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!