BESTANDDELE:
- 120g roomkaas
- 3 x Bar One in stukkies gesny
- 250ml room styf geklop
- 700ml melk vir maak van kitspoeding
- 2 pakkies sjokolade kitspoeding
- 1 pakkie Romany Creams grof gebreek
- 1 Flake sjokolade stafie
METODE:
- Meng die roomkaas en Bar One sjokolade.
- Vou die geklopte room in.
- Klits die melk en kitspoeding saam en laat 5 minute in die yskas stol.
- Skep ‘n derde van die kitspoeding in ‘n glaspoedingbak.
- Sprinkel die helfte van die stukkies Romany Creams daaroor, dan die helfte van die roomkaasmengsel.
- Herhaal die lae en eindig met die oorblywende derde van die sjokoladepoedingmengsel.
- Skep die roomkaasmengsel oor met die oorblywende kitspoedingmengsel bo-op.
- Sprinkel met die sjokolade om af te rond.
- Sit in yskas tot jy gereed is om dit te bedien
BRON: Huisgenoot Wenresepte
25,629 kere besoek
Bar One Trifle
Sien
Spinasiesop met room
Sien
Piesangslaai
Sien
Coconut Clusters
Sien
