Wafel Resep
Bestanddele
2 eiers
½ teelepel sout
1¾ koppie melk
4 eetlepels gesmelte botter
2 eetlepels suiker
2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
Metode
Sif al die droë bestanddele saam. Klits eiergele en voeg by melk en meng. Voeg die melkmengsel by droë bestanddele en meng goed. Voeg gesmelte botter by en meng goed.
Klits eierwitte styf en vou liggies by die mengsel in. Nou kan jy begin bak. Bedien saam met roomys en stroop.
Bron: Liplekker
68,708 kere besoek
Goudglans Hoender
Sien
Bierboks Sjokolade Koek
Sien
Hotcross Bun - Franse roosterbrood met bros spek en heuning
Sien
Ertjie, Bone en Spek Tert
Sien
