Tuisgemaakte kraakbeskuitjies

Tuisgemaakte kraakbeskuitjies

Bestanddele

280 g (500 ml) koekmeel

5 ml sout

5 ml bakpoeier

7,5 ml suiker

250 ml dubbeldik room (double thick)

30 ml melk

Metode

Verhit oond tot 180 °C. Sif meel, sout en bakpoeier saam in mengbak. Voeg suiker by en meng deur. Voeg room en melk by en meng goed deur tot ’n deeg vorm. Rol dun uit (sowat 3 mm) op meelbestrooide oppervlak. Jy kan nou die beskuitjies in vierkante uitsny of selfs met ’n ronde koekiedrukker uitdruk. Plaas op gesmeerde bakplaat en prik deeg met ’n vurk. Plaas in oond en bak vir 8 minute. Haal uit en draai beskuitjies om. Bak nog 6 – 8 minute. Haal uit en laat afkoel op ’n afkoelrak.

 

Bron:  Sarie

 

 
Aantal kere besoek: 5965

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Biltong (Suid Afrikaans)
Biltong (Suid Afrikaans)...meer
Butternut Sop (Peterjasie)
Butternut Sop (Peterjasie)...meer
Curried Wheat Salad with peaches
Curried Wheat Salad with peaches...meer
Souttert
Souttert...meer
Mikrogolf Haselneut-fudgekoek
Mikrogolf Haselneut-fudgekoek...meer
Visvinger en Rys Gereg
Visvinger en Rys Gereg...meer