Warm Melk Sponskoek

Hierdie resep is maklik en vinnig.

BESTANDDELE:

  • 2 k. meel
  • 4 t. bakpoeier
  • knippie sout
  • ½ k kookolie
  • ½ k melk
  • ½ k water
  • 4 eiers
  • 1 ½ k suiker

METODE:

  1. Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
  2. Kook die kookolie, melk en water saam en laat afkoel.
  3. Klits die eiers en suiker baie goed saam.
  4. Vou meelmengsel baie goed by eier mengsel.
  5. Voeg gekookte mengsel bietjie bietjie op ‘n slag by en klop goed.
  6. Mengsel genoeg vir 2 9duim panne.
  7. Bak 35 min of tot mengsel gaar is by 180 grade C

BRON: Braam Linde

18,804 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Mokka Fudge Poeding

Sien

Roosterkoek (oor die kole of in die stoof)

Sien

Lekker Kerrie Mengsel

Sien

Kaasrolletjies

Sien