Groenboontjie-bredie

Groenboontjie-bredie

Bestanddele

45 ml olyfolie

800 g lamsnek

1 ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

1 blik (410 g) gekapte tamaties

5 ml gemengde droë kruie

1 kg bevrore groenbone

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

250 ml kookwater

2 aartappels, geskil en in kwarte gesny

 

Metode

Verhit oond tot 180 °C.

Verhit olyfolie in ’n groot oondvaste kastrol. Braai lamsnek tot bruin.

Voeg ui en knoffel by. Roer tamaties, kruie en bevrore groenbone by. Geur met sout en swartpeper. Gooi kookwater by en meng goed. Plaas aartappels bo-op.

Maak kastrol toe en plaas in die warm oond vir 1 tot 1½ uur, totdat die vleis sag is. Kyk nou en dan dat dit nie droog kook nie. As dit droog lyk, kan jy ’n bietjie water byvoeg.

 

Bron:  Sarie

 

 
12,294 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Olive & Rosemary

Romany Creams

Sien

Frikkadelle

Sien

Wildsvleispastei

Sien

Geroomde Sampioene en Spinasie op Roosterbrood

Sien