Chai Tee

CHAI-TEE (Vir vier persone)

Bestanddele

4 eetlepels suiker
4 eetlepels heuning
1 teelepel gemaalde kardemom
1½ teelepel gemaalde naeltjies
1 teelepel neutmuskaat
½ teelpel gemaalde gemmer
¼ teelepel foelie ("mace" - spesery)
knippie rooi peper
3 teelepels vanieljegeursel
3 koppies water
1 teesakkie

Metode

1. Meng al die bestanddele in 'n kastrol en laat dit kook. Verlaag die temperatuur en laat dit vir tien minute prut. Plaas eenkant en laat dit afkoel. 

2. Giet die mengsel deur 'n sif, en gooi die mengsel in 'n houer. Die mengsel kan in die yskas geberg word tot dat benodig word. Skud dit goed voor gebruik en bedien met 'n halwe koppie melk. Geniet koud of warm.

 

Bron:  Beeld (Plus)

 
5,611 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Biltong

Groente-en-Kaas Kasserol

Sien

Gevulde Aartappels

Sien

Biltong en Cheddarkaas Quiche

Sien

Malvalekker Tertjies

Sien