Swartwoud Koek

Swartwoud Koek

Bestanddele

2 1/8 koppie koekmeelblom

2 koppies wit suiker 

1 ½ teelepel bakpoeier 

¾ teelepel sout 

¾ koppie kakao

3 eiers

¾ teelepel koeksoda 

1 koppie melk 

1 eetlepel vanilla geursel  

½ koppie olie 

400 g geblikte kersies 

1 koppies wit suiker 

1 teelepel vanilla geursel 

¼ koppie mielieblom 

3 koppies vars room 

1/3 koppie suiker

 

Metode

Voor verhit die oond tot 175 ºC.  Smeer twee ronde koekpanne, besprinkel albei met meel en sit wakspapier op die bodems.

Meng die koekmeelblom, 2 koppies suiker, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout in ‘n groot mengbak saam. Voeg nou die eiers, melk, olie en 1               eetlepel vanilla geursel by.

Klits totdat die mengsel goed gemeng is. Gooi die mengsel in die voorbereide panne.

Bak vir 35 minute. Sodra die koek gaar is, koel dit af op ‘n draadrak. Maak die kante versigtig los, haal die koeke uit en laat staan verder op die       draadrak om heeltemal af te koel.

Dreineer die kersies, maar hou ‘n ½ koppie van die sap. Meng nou die kersie sap, 1 koppie suiker en die meelblom in ‘n klein pannetjie.

Kook dit oor lae hitte totdat dit verdik. Roer dit aanhoudend. Voeg nou 1 teelepel vanilla geursel by en koel die ‘konfyt’ af voor gebruik.

Klop die room en 1/3 koppie suiker in ‘n afgekoelde bak met ‘n elektriese klitser op hoog spoed totdat dit punte vorm.

Sny die elke koek in die helfte met ‘n gare draadjie sodat daar 4 lae koek is.

Smeer van die kersie ‘konfyt’ en ‘n bietjie room op elke laag soos dit opmekaar gepak word.

Versier die hele koek met die geklitsde room. Maak room rosette op die boonste rande. Gooi nou die oorblywende kersie ‘konfyt’ in die middel bo-         op die koek.

 

Bron:  Boerekos in Browns Bay

 
10,806 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Gestoomde vrugtepoeding

Sien

Gemmerkoekies

Sien

Smokey bacon-en-lensiesop

Sien

Garnaalkerrie

Sien