Bedien 6 mense.
BESTANDDELE:
- 125g spekvleis
- 250g knopiesampioene (skyfies gesny)
- 25ml olie
- 125ml hoenderaftreksel
- 2 uie (grof gekap)
- sout en peper
- 750ml gaar stampkoring
- 50ml rosyne (opsioneel)
METODE:
- Braai spekvleis in 'n groot pan tot bros.
- Verwyder uit die pan en kap fyn.
- Voeg die olie by die vet in die pan en soteer die ui tot goudbruin.
- Voeg nou die spekvleis stampkoring, hoenderaftreksel en rosyne by.
- Geur na smaak met sout en peper.
- Prut tot goed warm en die meeste van die hoenderaftreksel geabsorbeer is.
- Dien warm op.
BRON: Peterjasie
11,020 kere besoek
Yster Pampoen
Sien
Maalvleis-Panpizza
Sien
Gestopte rissies (Chilli Poppers)
Sien
Chinese Rolletjies (Spring rolls)
Sien
