Telefoonpoeding

Hierdie nagereg het sy naam verkry in die ou dae toe die tannies vir mekaar die resepte oor die plaastelefoon aangegee het.  Hierdie nagereg het nie ‘n naam gehad nie en so het dit dan die telefoonpoeding geword.

BESTANDDELE:

Poeding Bestanddele:

  • 1 koppie suiker
  • ½ koppie botter
  • 1 eier
  • 3 eetlepels appelkooskonfyt
  • 1½ koppie koekmeel
  • 1 teelepel fyn gemmer
  • ½ teelepel sout
  • 1 teelepel koeksoda
  • 1 koppie melk

 

Stroop Bestanddele:

  • 3 koppies water
  • 1 koppie suiker
  • 1 teelepel vanilla essence

METODE:

  1. Room die suiker, botter en eier saam en roer die appelkooskonfyt by.
  2. Meng die koekmeel, fyn gemmer en sout en roer dit by die bottermengsel.
  3. Meng die koeksoda met die melk en gooi by die beslag en meng goed.
  4. Gooi al die bestanddele vir die stroop in 'n kastrol saam en bring tot koopunt. 
  5. Gooi nou die borrelende stroop in 'n oondskottel en skep die deegmengsel in die stroop.
  6. Bak teen 180ºC vir 30 tot 40 minute.
  7. Bedien met vla.
48,739 kere besoek

Ouma Anne se Semel / Bran Beskuit

Sien

Sjokolade Koek

Sien

Telefoonpoeding

Sien

Krakerige gevulde eiers

Sien