![](/assets/recipies/new/396416fb-f0fc-2f56-285f-2d5c4644324f.jpg)
BESTANDDELE:
Skaapskenkelpot:
- 3 uie, in skywe gesny
- 2 eetlepels kookolie
- 1,5 kg skaapskenkels
- 4 eetlepels meelblom
- 2 teelepels sout
- ¼ teelepel swartpeper
- ¼ teelepel koljander
- 2 rape, opgekap
- 4 kruinaeltjies
- paar takkies vars tiemie
- 2 koppies kookwater
- 2 geelwortels, opgekap
- 4 aartappels, geskil en in kwarte gesny
Deeg vir kluitjies:
- 2 koppies koekmeel
- 4 teelepels bakpoeier
- ½ teelepel sout
- 6 eetlepels botter
- 2 eiers
- 6 eetelpels melk
- ½ koppie fyngekapte pietersielie
- 1 gerasperde ui
- 1 teelepel vars tiemie
- knippie swartpeper
METODE:
- Braai die uie in die kookolie tot glaserig, skep dan uit.
- Rol die vleis in meelblom wat gegeur is met die sout, swartpeper en koljander.
- Braai die vleis tot dit geseël is van buite.
- Voeg die raap, kruinaeltjies, tiemie, gebraaide uie en kookwater by, sit die deksel op en laat dit stowe vir +-45 tot 60 minute.
- Voeg die geelwortels en aartappels by en prut tot sag (+-30 tot 40 minute).
- Maak die kluitjies aan as volg:
-
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en vryf die botter daarin.
-
Klits die eiers en melk en roer die pietersielie, ui, tiemie en sout by.
-
Meng dit alles saam tot ‘n taamlike stywe beslag.
-
- Skep lepelsvol kluitjies in die vloeistof op die vleis en groente. Prut vir 20 minute sonder om die deksel op te lig.
BRON: boerekosresepte.co.za
8,999 kere besoek