Beskuitjie Fudge

Beskuitjie Fudge

Ou Sarie wat my ma gehou het uit haar dae.

Bestanddele

  • 1 pak (200 g) Marie beskuitjies
  • 250 g botter
  • 1 pak (500 g) Versiersuiker gesif
  • 30 g (75 ml) Kakao gesif
  • 1 eier

Metode

  1. Rol die beskuitjies met n rolstok tot taamlik fyn.
  2. Smelt die botter in 'n diep kastrol.
  3. Voeg die suiker en kakao en roer oor matige hitte tot glad.
  4. Klop die eier vinnig by.
  5. Haal die mengsel van die stoof af en roer die beskuitjies by.
  6. Skep dit in n gesmeerde pan en laat afkoel.
  7. Sny dit in blokkies wanneer styf en bewaar dit in die koelkas.

Lewer ongeveer 60 koekies. Die resep is n staatmaker en kom elke keer reg uit!! Geniet dit :)

Aantal kere besoek: 21018

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Lemoenskilrolletjies in stroop
Lemoenskilrolletjies in stroop...meer
Bruinsuiker broodjie
Bruinsuiker broodjie...meer
Spek-hoender-en-sampioenpastei
Spek-hoender-en-sampioenpastei...meer
Gevulde Aartappels
Gevulde Aartappels...meer
Kaserige tuna-pannekoeke
Kaserige tuna-pannekoeke...meer
Pastaslaai
Pastaslaai...meer