Beestong met mosterdsous

Beestong met mosterdsous

Bestanddele

1 kg beestong
1 klein ui
1 klein geelwortel
vars seldery of pietersielietakkies
knippie sout
4 peperkorrels
2 heel naeltjies

Sous:

125 ml suiker
60 ml mosterdpoeier
30 ml koekmeel
250 ml kookwater
250 ml mayonnaise
125 ml witasyn
sap van 1 suurlemoen

 

Metode

Kook die tong met die groente, geurmiddels en speserye tot sag. Verwyder die buitenste membraam en oortollige vet. Laat afkoel. Sny in skywe en pak in 'n oondvaste bak.
Stel oond op 160°C.

Vir die sous: Meng die droë bestanddele saam en voeg die res, buiten die broodkrummels by. Kook stadig deur oor lae hitte. Giet sous oor skywe vleis in bak en strooi vars broodkrummels oor. Bak 25 - 30 minute.

Wenk: Die gereg vries maklik en kan net voor opdiening teen 'n lae hitte ontdooi word. Sit voor met 'n lekker bros slaai.

 
 
Bron:  Peterjasie.co.za
 
Aantal kere besoek: 7945

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Outydse Karringmelkpoeding
Outydse Karringmelkpoeding...meer
Romany Creams
Romany Creams...meer
Creamy Mustard Potato Salad
Creamy Mustard Potato Salad...meer
Mikrogolf Mieliebrood
Mikrogolf Mieliebrood...meer
Gerookte salm tartare met suurlemoen en capers
erookte salm tartare...meer
Indiese Kerrie
Indiese Kerrie...meer