Samoesas met varkvleis

Samoesas met varkvleis

Bestanddele

15 ml (1 e) botter
2 rooi-uie, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
500 g varkmaalvleis
1 Granny Smith-appel, geskil en gerasper
2 wortels, gerasper
15 ml (1 e) vars vinkel, gekap
sout en peper
250 g filodeeg
45 ml (3 e) botter, gesmelt
5 ml (1 t) papawersade (opsioneel)
Doopsous:
125 ml (½ k) mayonnaise
tabascosous na smaak

Metode

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Verhit die botter en braai die uie stadig tot gekaramelliseer. Voeg die knoffel en maalvleis by en braai tot gaar.
  2. Voeg die appel, wortels en vinkel by en roerbraai effens. Geur met die sout en peper. Laat die mengsel effens afkoel.
  3. Neem ’n vel filodeeg, verf die kante rofweg met die botter, vou in die helfte en druk vas. Verf die rande van die deeg weer liggies met die botter. Vou een van die onderste punte van die deeg in en plak vas aan een van die sykante van die deeg sodat ’n driehoek aan die onderkant vorm. Stop die opening wat so vorm goed met die vulsel. Vou die vleispakkie oor na die teenoorgestelde kant. Herhaal tot bo en tot ’n driehoek gevorm word. Verf die hele samoesa liggies met die botter. Herhaal met die res van die deeg en vulsel.
  4. Pak die samoesas op ’n bakplaat en sprinkel die papawersaad oor. Bak 15-20 minute of tot goudbruin.
  5. Doopsous: Meng die mayonnaise en die tabascosous.
  6. Sit die samoesas voor saam met die doopsous en ’n groenslaai.

Bron:  Huisgenoot                         

 
5,460 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Pork and Apple Potjie (with pap dumplings)

Sien

Ystervarkies

Sien

Hoender-en-rys-gebak

Sien

Sjokolade Sponskoek

Sien