Min-moeite-rysdis

MIN-MOEITE-GEREG
Bestanddele:
  • 500 g maalvleis
  • 1 uitjie gesnipper
  • 1 blik minestrone-sop of 1 blik room-sampioene sop
  • 25 g margarien (30ml) (6 t)
  • 180 g ongekookte rys
  • 1 koppie gerasperde kaas
Metode:
  1. Stel oond op 180°C en smeer diep oondskottel.
  2. Braai maalvleis in margarien tot gaar en roer gedurig met vurk om klonte te voorkom.
  3. Gooi in skottel, strooi ui bo-oor, dan die rys en laaste die sop.
  4. Vul sopblik met water en gooi bo-oor.
  5. Sit deksel op (of bedek met foil) en bak 1 uur of tot rys alle vloeistof geabsorbeer het.
  6. Strooi kaas oor net voor dit uit die oond kom, laat die kaas smelt.
KREDIET: Joey Pienaar (aangepas)
Aantal kere besoek: 14224

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Mokkablokkies
Mokkablokkies...meer
Korslose kaas-quiche
Korslose kaas-quiche...meer
Spinasiesop met room
Spinasiesop met room...meer
Wit Teekoekies
Wit Teekoekies...meer
Basiese Brooddeeg
Basiese Brooddeeg...meer
Maklike pynappel "stirfry" sous
Maklike pynappel "stirfry" sous...meer