Koek Bestanddele
- 2 eiers
- ½ koppie canola olie
- ½ koppie suiker
- ½ koppie bruinsuiker
- 1 koppie koekmeel
- 2 teelepels fyn kaneel
- ½ teelepel gemengde speserye (mixed spice)
- ½ teelepel bakpoeier
- ¼ teelepel koeksoda
- ¼ teelepel sout
- 1 en ‘n ½ koppies fyn gerasperde wortels (2 tot 3 wortels)
- 1 koppie grof gerasperde appel (+- 1 appel)
Roomkaasversiersel bestanddele:
- 1 bakkie gladde roomkaas
- 1 eetlepel botter, saggemaak
- 1 teelepel suurlemoensap
- ¼ teelepel vanielje-ekstrak
- 1 en ‘n ¼ koppie versiersuiker
Metode:
- In 'n groot bak, meng die eiers, olie en suiker (wit+bruin) tot glad.
- Sif die meel, kaneel, speserye, bakpoeier, koeksoda en sout saam en voeg geleidelik by die eiermengsel, meng goed.
- Roer die gerasperde wortels en appel by.
- Bak teen 180 °C vir 25-30 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Keer uit op ‘n draadrak en laat verkoel.
- Meng die roomkaasversiersel bestanddele saam.
- Smeer die roomkaasversiersel oor.
11,131 kere besoek
Waldorf-slaai
Sien
3 van die beste marinades
Sien
Koelkaskaaskoek
Sien
Wortel-appel koek
Sien
