Pap
6-8 groot aartappels
1 groot ui, fyn gekap
200g mieliemeel
Sout na smaak
125g botter(opsioneel)
Vulsel
3 uie, fyn gekap
6 tamaties, ontvel en fyn gekap
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
250g spekvleis, fyn gekap
2 aartappels, geskil, gerasper en droog gedruk
250g sampioene, in skywe gesny
250ml Cheddar-kaas gerasper
Pap - maak so:
- Voorverhit die oond tot 180
- Spuit ‘n oondbak met kleefwerende middel
- Kook aartappels in genoeg soutwater tot sag, dreineer en trek die skille af, druk fyn
- Soteer die ui in bietjie olie tot sag en voeg by die fyn aartappels
- Die aartappels moet goed slap wees
- Voeg mieliemeel en sout by en meng goed
- Prut oor lae hitte tot gaar en roer die botter by
- Skep in die voorbereide oondbak
Vulsel - maak so:
- Soteer die ui in bietjie olie tot sag
- Voeg die tamatie by en prut oor lae hitte tot ‘n dik sous vorm
- Geur met sout en peper
- Braai die spekvleis tot bros, skep uit en braai die gerasperde aartappel in die vet van die spekvleis tot bruin
- Skep uit en braai die sampioene tot bruin.
- Skep die spekvleis, gerasperde aartappel en sampioene bo-oor die pap in die oondbak
- Sprinkel die kaas oor en verhit 20 minute lank in die oond
- Bedien dadelik op
Genoeg vir 10-12 mense
14,704 kere besoek
Melkkos
Sien
Koejawel Yskastert
Sien
Hoender (Alice)
Sien
Maklike skons
Sien
