Spaghetti met boerewors

Bestanddele:

  • 250 gr boerewors
  • 50 ml kookolie
  • 1 blik heel geskilde tamaties(800gr)
  • Sout, peper en suiker na smaak
  • 2 knoffelhuisies gekneus
  • 500 gr spagetti
  • 25 ml gekapte pietersielie
  • Maizena om te verdik

 

Metode

  1. Sny boerewors in stukkies en braai bruin in kookolie,
  2. Sny tamaties en voeg saam met sous van blikkie tamaties en knoffel by,
  3. Kook oor matige hitte sonder deksel tot dik, geur met bietjie suiker indien nodig,
  4. Kook spagetti, dreineer en hou warm,
  5. Roer pietersielie by tamatiemengsel en skep oor spagetti,
  6. Sit warm voor.
 
Aantal kere besoek: 5139

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Kerriesouttert
Kerriesouttert...meer
Malvalekker Yskas Tert
Malvalekker Yskas Tert...meer
Gerookte salm tartare met suurlemoen en capers
erookte salm tartare...meer
Kaas-en-Uiebrood
Kaas-en-Uiebrood...meer
Vlakoekies
Vlakoekies...meer
Kerriefrikkadelle
Kerriefrikkadelle...meer