Hoender-pastasop

Hoender-pastasop

Bestanddele

30 ml sonneblomolie

2 uie, gekap

3 wortels, in skywe gesny

3 selderystingels, in skywe gesny

1 heel hoender

2 liter hoenderaftreksel

sowat 750 ml koue water

5 takkies vars pietersielie

3 ml droë tiemie

1 lourierblaar

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

250 ml kort pasta

gekapte pierersielie om boop te sprinkel

Metode

Verhit olie in ‘n groot kastrol en braai die uie, wortels en seldery oor ‘n lae hitte tot sag.

Sny die hoender in stukke en voeg by die groente, saam met die hoenderaftreksel. Voeg net genoeg water by tot dit die hoenderstukke bedek. Bring tot kookpunt en skep enige skuim af wat bo-op vorm.

Voeg die pietersielie, tiemie en lourierblaar by. Verlaag die hitte en laat oop prut vir 2 uur.

Haal die hoender en die kruie uit. Verwyder vel en bene van hoender. Laat sop afkook vir 1 uur.

Voeg hoendervleis saam met die pasta terug by die sop en kook tot die pasta gaar en sag is. Voeg nog water by as jy voel die sop is te dik.

 

Bron:  Sarie

 
Aantal kere besoek: 5742

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Basil, Tomato & Smoked Mozzarella Pizza
Basil, Tomato & Smoked Mozzarella Pizza...meer
Krummel-appeltert
Krummel-appeltert...meer
Rissie-mielies oor die kole
Rissie-mielies oor die kole...meer
Kaasskons 2
Kaasskons 2...meer
Tamatiesmoor
Tamatiesmoor...meer
Kerriesouttert
Kerriesouttert...meer