WORTELBREDIE
Lewer 6-8 porsies, maklik, 2 uur, taamlik goedkoop
WAT JY BENODIG:
- 1,5 kg skaapbors, in porsies gesny
- 3 uie, gekap
- 1 kg wortels, in ringe gesny OF gebruik 1kg jong wortels
- 30 ml (2 groot eetlepels) olie
- 125 ml (halwe k) hoenderaftreksel
- 60 rnl (kwart koppie) droe wit wyn
- 1 kruinaeltjie
- 8 ml (1 en 'n half teelepel) sout
- 2 ml (kwart teelepel) gekapte gemmerwortel
- 6 peperkorrels
- 2 aartappels, geskil en in kwarte gesny
METODE:
1. Braai vleis in klompies bruin in verhitte swaarboomkastrol sonder om olie by te voeg. Voeg uie en wortels by en, indien nodig, die olie en soteer tot uie deurskynend is.
2. Verhit aftreksel en wyn saam en voeg dit saam met naeltjie, sout, gemmerwor tel en peperkorrels by vleis. Verhit vloeistof tot kookpunt, verlaag hitte, plaas deksel op en laat prut vir 1 en 'n half uur of tot vleis byna sag is.
3. Voeg aartappels by vleis en laat prut vir nog 30 minute tot aartappels sag is. Verdik sous, indien verkies, met meel blom-en-waterpasta.
Resep van die Vleisraad
16,264 kere besoek
Lemonade
Sien
Barbara Jooste se Melktert
Sien
Cinnabuns
Sien
Vrugtekoek
Sien
