Aartappelslaai met biltong

Slaai Bestanddele:
Slaai, 6 groot aartappels,
250ml biltong (gekerf),
2 uie fyn gekap,
15ml(1e) vars pietesielie.
 

Sous:
375ml (1 en 1/2 k) mayonnaise,
125ml (1/2k) gewone jogurt,
125ml (1/2k) kondensmelk,
2,5ml (1/2t) sout.

 

Metode:
Kook aartappels in soutwater tot amper sag - 'n mes moet net deur aartappels kan steek.

Laat afkoel, trek skille af en sny in skywe.

Voeg ander bestanddele by en roer liggies.

Sous: meng bestanddele en giet oor aartappels. 

32,967 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Biltong

Warm Melk Sponskoek

Sien

Speserykoekies

Sien

Kerriebone

Sien

Vanielje-roomys

Sien