Bunny Chow

Bunny Chow

Bestanddele

30 ml sonneblomolie

1 kg ontbeende lamsboud, in blokkies gesny

1 ui, grofgekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

5 ml vinkelsaad, gestamp met stamper en vysel

10 ml komyn

10 ml koljander

15 ml garam masala

5 ml fyn kaneel

3 ml gemmer

3 kardemompeule

1 ml droë brandrissievlokkies

15 ml borrie

1 blik (410 g) gekapte tamaties

1 blik (400 ml) klappermelk

sap van 1 suurlemoen

250 ml water

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

2 witbrode, om voor te sit

Metode

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie in oondkastrol. Braai vleis bietjie-bietjie en hou eenkant. Gebruik nog ‘n bietjie olie (indien nodig) en braai ui tot sag en deurskynend. Voeg knoffel en al die speserye by. Braai vir so een minuut. Voeg geblikte tamatie, klappermelk en suurlemoensap by. Voeg vleis en water by. Geur met sout en swartpeper. Plaas vir so 2 uur in warm oond totdat vleis lekker sag is. Hou dop – as die vloeistof wegkook, kan jy nog water byvoeg. Halveer brode en hol hulle uit. Skep van die kerrie in en sit ‘n halwe gevulde brood per persoon voor, met atjar en blatjang.

BRON: Sarie.com (Barbara Joubert)                 FOTO:  Sarie.com

                  

 
7,075 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Biltong

Wortelbredie

Sien

Ystervarkies

Sien

Oreo Koekie Melkskommel

Sien

Maklike Bobotie Resep

Sien