TAMATIEBREDIE
Lewer 4 porsies • maklik • 2 uur • taamlik goedkoop
BESTANDDELE:
1 kg stoweskaapvleis, soos bors, nek, skenkels ensovoorts
15 ml (1 groot e) koekmeelblom
15 ml (1 groot e) olie
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
sout en gemaalde swartpeper
1 kg groot ryp tamaties, geskil en gekap
6 swartpeperkorrels
5 ml (1 t) suiker
2 aartappels, geskil en in kwarte gesny
METODE:
1. Rol vleis in meelblom en braai bruin in verhitte olie, 'n paar stukkies op 'n slag. Verwyder en hou eenkant.
2. Soteer uie in dieselfde kastrol tot sag. Voeg knoffel by, gevolg deur vleis. Geur na smaak. Voeg tamaties, peperkorrels en suiker by. Verlaag hitte, plaas deksel op en laat prut vir 1 en 'n half tot 2 uur of tot vleis sag is.
3. Voeg aartappels in laaste 30 minute van gaarmaaktyd by.
Heerlik saam met gort, bruinrys of koring.
Resep van die Vleisraad
6,574 kere besoek
Noedels met tuna
Sien
Bros Koekies
Sien
Geroomde Sampioene en Spinasie op Roosterbrood
Sien
Yskoffie
Sien
