Pina Colada Kolwyntjies

 

Hierdie kolwyntjies is gevul met romerige pynappel vla, met 'n klapper en pynappel roomkaas versiersel.

Hierdie resep maak 12 kolwyntjies.

 

Kolwyntjie bestanddele:

1/2 Koppie gesmelte botter

1 heel eier plus 1 eiergeel

1/4 Koppie wit suiker

3/4 Koppie bruin suiker

1/3 koppie pynappel stroop (gebruik die stroop van die blikkie "crushed" pynappel)

1/3 koppie klapper melk

2 teelepels vanilla

1 en 1/2 koppies koekmeel

1 en 1/2 teelepels bakpoeier

1/4 teelepel sout

 

Romerige pynappel vla bestanddele:

1 blikkie "crushed" pynappel

1 eetlepel suiker

2 teelepels maizena

 

Klapper en pynappel roomkaas versiersel bestanddele:

3 koppies versiersuiker

1/2 koppie botter (teen kamertemperatuur)

240 ml roomkaas (kamertemperatuur - ongeveer 30min buite yskas)

1/4 teelepel sout

1 en 1/2 teelepels vanilla

1/4 koppie "crushed" pynappel (goed gedreineer)

1/2 koppie klapper

12 Kersies vir versiering

 

Aanwysings:

1. Voorverhit oond tot 180 grade celcius.  Voer 'n kolwyntjie pan uit met kolwyntjie papier houertjies.

2. Kolwyntjies:  In 'n groot mikrogolf vaste bak, smelt die botter vir 1 minuut op hoog, en laat vir 5 minute afkoel.  Voeg by die heel eier en eiergeel, suikers, pynappel stroop, klapper melk, vanilla, en klits met 'n ballon klitser tot net gekombineer.

3. In 'n aparte mengbak, kombineer die meel, bakpoeier, sout en meng goed. Meng die droe en nat bestanddele tot net gekombineer.

4. Vul elke papier houertjie 3/4 vol.

5. Plaas in die oond en bak vir 18 tot 20 minute, of totdat die bokant ligte goue kleur het.  Laat kolwyntjies vir 5 minute afkoel in die pan voordat dit op 'n draadrak geplaas word om ten volle af te koel.

6.  Terwyl die kolwyntjies koud word, kan die vulsel voorberei word deur alle bestanddele goed te meng in 'n klein souspan oor medium tot lae hitte.  Kook vir 3 tot 5 minute of totdat die mengsel dik word.  Verwyder van hitte en laat afkoel.

7. Om die versiersel voor te berei, room saam die botter, vanilla en sout tot lig en donsig.  Met 'n elektriese klitser op sy laagte spoed, meng geleidelik die versiersel by totdat 'n fondant tipe bal vorm.  Voeg daarby die roomkaas en pynappel en meng op die laagste spoed vir 1 en 1/2 minute en STOP!!  Plaas in yskas vir ten minste 15 minute of totdat kolwyntjies volkome afgekoel is.

8. Haal die kern van die kolwyntjies uit met 'n mes om 'n gaatjie in  die middel te maak waarin die vulsel gesit sal word.  Sit soveel vulsel as moontlik in en kompakteer dit, en maak gelyk met die bokant van die kolwyntjie.  Smeer met 'n mes of spuit met 'n versiersel sakkie die roomkaas versiereing in 'n mooi patroon bo-op, versier met klapper wat jy oor strooi en 'n kersie.

 

 

 
6,806 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Skons

Sien

Soetsuur vark met noedels

Sien

Hoender (Alice)

Sien

Vlakoekies

Sien