Kerrie en rys
Bestanddele
500 g vleis in blokkies gesny
1 dl (desertlepel) kerriepoeier
4 aartappels in blokkies gesny
1 ui
1 dl (desertlepel) suiker
1/2 k asyn
2 tamaties (skilletjies afgetrek en in skywe gesny)
1 t borrie
1 t sout (hoogvol)
1 e mielieblom (hoogvol)
1/4 t peper
1 dl (desertlepel) appelkooskonfyt
Metode
Braai die uie en die vleis, die sout en die peper effens bruin.
Voeg water by en kook vleis sag.
Sit die aartappelblokkies en tamatieskywe by en stowe stadig (moenie nou omroer nie).
Gooi die aangemaakte kerrie, borrie, suiker, asyn, mielieblom, konfyt en genoeg water bo-oor en laat dit stadig stowe.
Roer effens wanneer opskep.
Bedien saam met rys.
Rys (gestoom)
Bestanddele
1 k rys
1 t sout
2 k water
klontjie botter
1 t suurlemoensap
Metode
Was die rys af, sit op die stoof met koue water.
Kook presies 7 minute en haal dan af.
Spoel die rys in 'n sif onder die koue waterkraan tot die stysel uit is.
Sit die rys in 'n kastrol met 'n kwart koppie water, sout, botter en 'n
teelepel suurlemoensap op.
Stoom die rys op kookwater totdat die korrels los en sag is.
BRON: Knuppeldik aan Koningskos (Mollie de Wit)
Opsioneel:
Gooi 'n koppie of wat gevriesde, gemengde groente by.
Melkkos
Armman se Poeding
Hoendersosaties op die rooster
