Spinasiesop met room

Spinasiesop met room
Bestandele
  • 50g botter
  • 1 medium ui, fyn gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 medium aartappel, geskil en in stukke gekap
  • 450ml hoender- of groente-aftreksel
  • 600ml melk
  • 450g vars spinasie, gewas, indien nodig, en grof gekap
  • fyn gerasperde skil van ‘n halwe suurlemoen
  • vars gerasperde neutmuskaat na smaak
  • 3 eetlepels room, om te dien
Metode
  1. Smelt die botter in ‘n groot kastrol, voeg die ui en knoffel by en braai liggies vir 5-6 minute tot sag.
  2. Voeg die aartappel en kook tot sag vir 1 minuut.
  3. Gooi die aftreksel by en prut vir 8-10 minute totdat die aartappels begin kook.
  4. Gooi die melk by en verhit tot dit prut.
  5. Roer die helfte van die spinasie en die suurlemoenskil by.
  6. Bedek en prut vir 15 minute tot die spinasie heeltemal verlep is.
  7. Los vir sowat 5 minute om af te koel.
  8. Gooi die sop in ‘n voedsel verwerker, voeg die oorblywende spinasie by (dit sal die sop helder groen maak en vars laat proe).
  9. Verwerk tot sag – dit mag dalk nodig wees om dit bietjie vir bietjie te doen, afhangende van die grootte van jou voedsel verwerker.
  10. Sit die sop terug in die kastrol en verhit.
  11. Geur met sout, peper en neutmuskaat na smaak.
  12. Jy kan die sop te verdun met ‘n bietjie ekstra aftreksel indien dit te dik is.
  13. Skep die sop in bakkies en roer die room by.

BRON: www.sopresepte.co.za

 
Aantal kere besoek: 5470

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Crumbed Mushrooms
Crumbed Mushrooms...meer
Spek en kaas gevulde eiers
Spek en kaas gevulde eiers...meer
Pannekoek met Melktertvulsel
Pannekoek met Melktertvulsel...meer
Lemon Chicken Wings
Lemon Chicken Wings...meer
Chutney hoender met 'n kinkel
Chutney hoender met 'n kinkel...meer
Pikante Viskoekies
Pikante Viskoekies...meer