Kaasstrooitjies
Bestanddele
190 g koekmeelblom (400 ml)
4 g bakpoeier (5 ml)
5 g sout (5 ml)
5 ml mostertpoeier
3 ml rooipeper
90 g mieliemeel (150 ml)
230 g botter (250 ml)
100 g gerasperde, belee Cheddar-kaas (250 ml)
50 ml tamatiesap
Metode
Sif droe bestanddele saam. Rasper botter in en vryf liggies in mengsel.
Meng gerasperde kaas by. Meng tot stywe deeg met tamatiesap. Knie liggies en verkoel deeglik. Rol slegs ‘n klein stukkie op ‘n slag, 6 mm dik uit.
Sny ‘n strooitjie. Rangskik op gesmeerde bakplaat en bak slegs 7 tot 10 minute by 190 grade C. Die strooitjies kan ook liggies met geklopte eier bestryk word en dan kan ‘n knippie rooipeper, paprika, papawersaad of karwysaad voor dit gebak word, oorgestrooi word.
BRON: Die ABC van Southappies (Joey Mostert)
Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!