Garnaalkerrie

Garnaalkerrie

Bestanddele

60 ml botter

1 groot ui, gekap

15 ml kerriepoeier

5 ml borrie

1 gekapte vars rooi brandrissie

1 blik klappermelk

800 g – 1 kg afgedopte garnale

30 ml suurlemoensap

10 ml mielieblom

diepgebraaide uieringe vir garnering

vrugtesambal en rys om voor te sit

 

Metode

Verhit die botter in ‘n kastrol. Voeg die ui by en soteer dit tot goudbruin. Voeg die speserye en rissie by en soteer dit vir 30 sekondes. Gooi die helfte van die klappermelk by en laat die mengsel vir 15 minute prut.

Voeg die garnale en die res van die klappermelk by en laat vir nog 10 minute prut. Voeg die suurlemoensap by en verdik die mengsel met mielieblom. Garneer die kerrie met gebraaide uieringe en sit voor saam met rys en vrugtesambal.

 

Vrugtesambal

Meng 125 ml elk piesang-, mango- en komkommerblokkies en 125 ml gerasperde vars klapper. Drup suurlemoensap oor.

 

BRON:  Idees Tydskrif

FOTO:  Idees Tydskrif

2,331 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Room Hoenderpot

Sien

Rooi fluweelkaaskoekies

Sien

Hazel se groenteslaai

Sien

Brandewyntert (Tipsy Tert)

Sien