Cadbury Sjokolade Koek

Ek het jare gelede hierdie sjokolade koek resep by my buurman, Hein, gekry. Tot vandag toe nog is dit 'n wenner en daar sal nie 'n stukkie oorbly nie.

BESTANDDELE:

KOEK:

  • 1 koppie koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1 koppie suiker
  • knippie sout
  • Halwe koppie sonneblomolie (kookolie)
  • Halwe koppie kookwater
  • 6 eetlepels kakao poeier
  • 4 eiers, geskei

SOUS:

  • 1 blik ideal melk
  • 1 koppie suiker
  • Groot plein Cadbury Melksjokolade gesmelt

METODE:

  1. Meng eerste die halwe koppie olie, halwe koppie kookwater en kakao saam en laat dit afkoel vir so 30 minute.
  2. Sif die meel, bakpoeier, suiker en sout saam in 'n mengbak.
  3. Klop die eierwitte appart in 'n tweede mengbak en gooi die eiergele by die gesifte meel.
  4. Meng die kakao mengsel by die meel en klop goed.
  5. Vou nou die stywe eierwitte by die beslag (let wel: Vou in met 'n hout/plastieklepel, moenie met elektriese menger klits nie)
  6. Gooi in bak (ek gebruik 'n glasbak) en bak teen 180 grade vir 40 minute
  7. Maak die sous 15 minute voor die koek uit die oond kom aan deur al die sous se bestanddele bymekaar te gooi en te meng as volg: Smelt eers die sjokolade (maar los so 3 blokkies eenkant) in 'n glasbord bo-op kookwater voor jy dit by die ideal melk en suiker gooi. Kook die sous in 'n mikrogolfoond saam, roer aanhoudend.
  8. Gooi die sous bo-oor die koek sodra dit uit die oond kom.
  9. Sodra die koek afgekoel het, gebruik die laaste 3 blokkies sjokolade en rasper dit met 'n fynrasper oor die koek om dit af te rond.

WENK:  Gooi so 5ml Hazelnut likeur by die sous om dit 'n hazelnut geur te gee!

19,481 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Biltong

Groentesop

Sien

Soetsuur vark met noedels

Sien

Naanbrood

Sien

Taai Hoendervlerkies

Sien