Brandewyn-en-Coke T-Been

Brandewyn-en-Coke T-Been

Bestanddele

Marinade:

2 koppies Coke

½ koppie brandewyn

1 eetlepel Mrs Ball’s-blatjang

2 eetlepels sojasous

2 eetlepels goeie asyn

 

goeie gehalte T-Been

 

Metode

Gooi 2 koppies Coke en ½ koppie brandewyn in die pan.

Voeg 1 eetlepel Mrs Ball’s by.

Kook af tot dunnerige stroop vorm.

Klits 2 eetlepels sojasous en 2 eetlepels asyn by en kook nog 3 tot 4 minute.

Koel af.

Plaas die T-Been in die sous. Bedek vleis met sous en los vir 30 minute maksimum.

Braai nou die steaks op die rooster, op oop warm kole soos verlang.

Kwas gereeld met marinade.

 

Wenk:

Dieselfde marinade kan vir skaaptjops gebruik word.

 

BRON:  Resepte wat mans ook verstaan (www.saoutdoors.co.za)

 
10,034 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Biltong

Kerriesouttert

Sien

Ouma Anne se Peri-Peri Hoender

Sien

Brandewyntert (Tipsy Tert)

Sien

Vrugtekoek

Sien