Mossel en aartappelsop

Mossel en aartappelsop

Bestanddele

410 g ingedampte melk (1 blik) of 375 ml melk

375 ml water

1 ui, gekap

5 ml sout

1 selderystingel, gekap

1 ml neutmuskaat

1 ml rooipeper

30 ml botter

30 ml meel

300 g aartappels, gaar en fyn gemaak

125 ml wit wyn

1 blik mossels, gedreineer

gekapte pietersielie vir garnering

 

Metode

Verhit die eerste 7 bestanddele tot kookpunt. Suig hierdie vloeistof deur 'n doek en giet die vloeistof terug in die kastrol. Voeg die botter by. Meng die meel met 'n bietjie water en roer dit by die vloeistof in.

Voeg die aartappels by, meng en verhit goed. Voeg die oorblywende bestanddele by en verhit deur. Garneer soos verkies en sit warm voor. Die sop moenie kook nadat die wyn bygevoeg is nie.

 

BRON:  Peterjasie

 
Aantal kere besoek: 4379

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Spek en kaas gevulde eiers
Spek en kaas gevulde eiers...meer
Mikrogolf Haselneut-fudgekoek
Mikrogolf Haselneut-fudgekoek...meer
Ouma Tillie se Dadelkluitjies
Ouma Tillie se Dadelkluitjies...meer
S'mores oor die kole
S'mores oor die kole...meer
Kaasstrooitjies
Kaasstrooitjies...meer
Armman se Poeding
Armman se Poeding...meer