Kerriefrikkadelle
Bestanddele
500 g gemaalde binneboudvleis
1 sny brood
neut, peper, Fondor en tiemie na smaak
1 groot tamatie, in stukkies gesny
Sous:
2 groot uie, in skywe gesny
olie
250 ml water (1 k) of melk
12,5 ml kerrie (1 e)
25 ml suiker (2 e)
12,5 ml mielieblom (1 e)
5 ml sout (1 t)
5 ml borrie (1 t)
1 1/2 e asyn
12,5 ml appelkooskonfyt (1 e)
Metode
Week sny brood in water / melk, druk met 'n vurk die vog uit en voeg by vleis saam met die neut, peper, Fondor, tiemie en tamatie.
Vorm klein bolletjies en plaas in gesmeerde oondvaste bak (of S/S Classic Roaster Argilla bak).
Meng sousbestanddele en gooi oor vleis.
Bak in oond tot gaar (ongeveer 1 uur) teen 180 grade C.
Bron: Argilla Kookboek
7,052 kere besoek
Warm Melk Sponskoek
Sien
Bierboks Sjokolade Koek
Sien
Taai Hoendervlerkies
Sien
Hoender-pastasop
Sien
