Lamsvleis-en-botterskorsiekerrie
Bestanddele
• 45 ml sonneblomolie
• 6 kardemomsade, gekneus
• 1 kaneelstokkie
• 1 kg lamskenkels
• 2 uie, gekap
• 8 ml fyngedrukte knoffel
• 8 ml gerasperde gemmer
• 10 ml elk fyn komyn, koljander en paprika
• 2 blikke heel tamaties
• 300 g botterskorsieblokkies
• 100 g droë appelkose
• 10 ml suurlemoensap
• 50 ml warm blatjang
• gekapte vars koljanderblare
Metode
Verhit 30 ml sonneblomolie in ’n
swaarboomkastrol. Voeg die kardemom
en kaneel by. Roer en voeg
dan ’n paar stukkies vleis by. Braai dit
totdat die vleis oraloor mooi bruin
is. Skep die vleis uit die pan en hou
dit eenkant. Herhaal die proses met
die res van die lamsvleisstukkies.
Verhit die res van die olie en voeg
die ui by. Soteer tot sag en gooi dan
die knoffel, gemmer en speserye
by. Braai vir ’n paar minute en gooi
die tamatie by. Verhit tot kookpunt
en skep dan die lamsvleis terug in
die kastrol. Sit die deksel op en laat
vir omtrent 1½ uur prut tot die vleis
amper sag is.
Voeg die botterskorsie
en appelkose by en kook dit vir nog
30 minute of tot sag.
Roer die suurlemoensap, blatjang
en koljanderblare deur.
Bron: Idees Tydskrif
Foto: Idees Tydskrif
Kampkerriekos
Roly Poly Poeding
Maklike Bobotie Resep
