Spek en kaas gevulde eiers

Spek en kaas gevulde eiers

Bestanddele

12 hardgekookte eiers

1/2 koppie mayonaisse of slaaisous

1 eetlepel heuning-mostert

1/4 teelepel sout

1/4 teelepel varsgemaalde swartpeper

4 repe spek, brosgebraai en gekrummel

2 eetlepels gerasperde skerp cheddar kaas

 

Opsioneel:

Ekstra brosgebraaide en gekrummelde spek en gekapte

groenuie vir garnering.

 

Metode

1. Halveer die eiers lengtegewys en verwyder die eiergele. Plaas die eierwitte eenkant. Plaas die eiergele in 'n mengbakkie; druk fyn met vurk. Roer mayonnaise, heuning-mostert, sout en peper by. Vou die 4 repe gekrummelde spek en kaas in.

 

2. Vul die eierwitte met die eiergeel-mengsel. Bedek en verkoel in yskas tot bedien word. Kan tot 24 uur hou in yskas. As verkies, garneer met addisionele gekrummelde spek en groenuie.

 

Bron:  Yummly.com

 
Aantal kere besoek: 7955

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Kaserige tuna-pannekoeke
Kaserige tuna-pannekoeke...meer
Toffieappels
Toffieappels...meer
Maalvleis-Panpizza
Maalvleis-Panpizza...meer
Smokey bacon-en-lensiesop
Smokey bacon-en-lensiesop...meer
Mokkablokkies
Mokkablokkies...meer
Peppered Salmon on the Braai
Peppered Salmon on ...meer