Freda se Kerrie-resep
Bestanddele
1 ui
bietjie olie
2 eetlepels kerrie (verkieslik 'n masala kerrie)
sout
1 kg beesvleis, in blokkies gekap
knoffel en gemmer
koljander
kerrieblare
4 kardemonsade
kwart teelepel naeltjies
1 steranys
4 tamaties, opgekap
5 aartappels, in lengte gesny
Metode
Braai uie, naeltjies, koljander, kardamon, knoffel en gemmer in olie tot bruin en voeg kerrie by totdat dit gaar gebraai is.
Voeg vleis by en braai totdat kerrie lekker in vleis getrek het. Voeg aartappels by.
Voordat vleis begin brand, voeg bietjies bietjies water of wyn by totdat vleis lekker sag is.
Kook oor lae hitte.
Voeg laastens tamaties by en kook totdat tamaties lekker sous maak.
Wenk:
Moenie kerrie toegooi onder water nie. Gooi elke keer net genoeg water by om te laat prut. Kook kerrie stadig.
Tamatie in kos altyd lekker as jy bietjie suiker en asyn byvoeg.
Bron: RSG: RSG - Wenke
Appel-kaas Slaai
Indiese Kerrie
Chocolate Oatmeal (No Bake Cookies)
Braaisout
