Groente-dhal (Groente-kerrie met lensies)
Bestanddele
• 80 ml botter
• 2 uie, gekap
• 4 knoffelhuisies, fyngedruk
• 2-4 vars groen brandrissies, ontpit en gekap
• 5 ml fyn borrie
• 5 ml skerp rissiepoeier
• 15 ml fyn koljander
• 15 ml fyn komyn
• 10 ml garam masala
• 300 g rooilensies
• 1,2 liter groente- of hoenderaftreksel
• 200 g gekapte groente van jou keuse
• 15 ml gerasperde vars gemmer
• 50 ml suurroom
• gekapte vars koljander
• platbrood om voor te sit
Metode
1 Verhit 50 ml van die botter in ʼn kastrol en soteer die uie tot sag. Voeg die knoffel en vars rissies by en soteer dit vir twee minute. Voeg al die gedroogde speserye, buiten die garam masala, by. Roer goed en voeg die lensies en aftreksel by. Verhit dit tot kookpunt, stel die hitte laer en laat prut vir 15 minute sonder ʼn deksel. Voeg die groente by en laat prut vir nog 20 minute of tot sag.
2 Voeg die gemmer by en prut vir nog vyf minute. Roer dan die garam masala en die res van die botter by. Geur na smaak. Haal van die plaat af en skep op in bakkies. Drup suurroom oor elke porsie en strooi koljander oor. Sit voor met platbrood.
Bron: Idees Tydskrif
Foto: Idees Tydskrif