Mikrogolf-vrugtekoek (muffins)

Mikrogolf-vrugtekoek (muffins)

Lewer 24 muffins.
Voorbereiding: 20-25 minute
Gaarmaaktyd: 4 minute per 6 muffins op hoog

Wenk: Bak die vrugtekoek in muffinpannetjies. 'n Baksel van 6 neem 4 minute. Andersins kan 2 bakke van 18 cm in deursnee en 6 cm diep, gebruik word. Voer elke bak met handdoekpapier uit. Bak op mediumhoog vir 18 minute. Plaas op omgekeerde bord in die oond.

Bestanddele

500 g droëvrugtekoekmengsel
250 g dadels, fyn gekap
250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
150 g botter, sag
250 ml (1 k) warm water
30 ml (2 e) kakao
10 ml (2 t) koeksoda
500 ml (2 k) bruismeel
5 ml (1 t) gemengde speserye
1 ml (¼ t) sout
3 ekstragroot eiers, geklits
150 ml brandewyn
250 ml (1 k) gemengde neute, grof gekap
100 g glanskersies, grof gekap
versiersuiker vir afronding

Metode

  1. Plaas die vrugtekoekmengsel, dadels, suiker, botter, water en kakao in ’n mikrogolfoondbak en plaas dit 4 minute in die mikrogolfoond. Roer goed en mikrogolf nog 4 minute.
  2. Roer die koeksoda by en laat afkoel.
  3. Sif die meel, gemengde speserye en sout en vou by die mengsel. Roer die eiers, brandewyn, neute en kersies by en skep die holtes van gespuite silikon-muffinpannetjies driekwart vol.
  4. Bak 4 minute op ’n slag op hoog. Herhaal met die res van die beslag. Stuif die versiersuiker oor.

Bron:  Huisgenoot Digitaal - Sue Reader

 

Foto:  Huisgenoot Digitaal

 
8,067 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Biltong

Koffie-en-karamel selfsous poeding

Sien

Bunny Chow

Sien

Kebabs met peppadews

Sien

Maklike Bobotie Resep

Sien