Ouma Ies se koperpennie wortelslaai

Ouma Ies se koperpennie wortelslaai

Bestanddele

1 kg wortels, in ringe gesny
3 uie, in ringe gesny
3 groen soetrissies, in blokkies gesny

Sous:
250 ml water
1 pakkie tamatieroomsop
200 ml asyn
250 ml suiker
125 ml olie
10 ml Worcestersous
7 ml mosterd

 

Metode

Kook wortels vir 15 minute (nie te sag nie).
Kook uie.
Pak wortels, uie en groenrissie in lae in 'n bak.
Meng al die bestanddele vir die sous saam.
Kook 3 minute saam.
Gooi warm sous oor die groen.
Laat staan in yskas vir een dag.

 

Bron:  RSG - Dis die een (Tjailatyd)

Foto:  RSG - Dis die een (Tjailatyd)

 
19,316 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Paasbolletjies (Hotcross Buns)

Sien

Mieliebrood - Baie lekker en maklik!

Sien

Nicoise-slaai

Sien

Dekadente warm sjokolade

Sien