Noedels met tuna

Bestanddele:

  • 125g rou skulpie pasta
  • 1ui fyn gekap
  • 2 knoffelhuisies
  • 2 tamaties in blokkies gesny
  • 1 blikkie gesnipperde tuna in soutwater
  • 50ml mayonnaise
  • 25ml blatjang (smaak van jou keuse)
  • sout en peper na smaak
  • Kaas gerasper

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180C. Smeer 'n oondvaste bak.
  2. Kook die pasta in vinnigkokende soutwater sag. Dreineer en hou eenkant.
  3. Sorteer die ui en knoffel in 'n klein bietjie olie tot sag. Voeg die tamaties by en prut tot 'n moes. Voeg die tuna asook 'n bietjie van die soutwater waarin dit verpak is by. Voeg die pasta, mayonnaise en blatjang by, meng en geur met sout en peper. Meng goed en skep in die voorbereide bak.
  4. Sprinkel die kaas oor. Bak sowat 20-30 minute lank of totdat die kaas gesmelt en gereg lekker warm is.

Genoeg vir 4 mense.

9,954 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Broodslaai

Sien

Gesondheidsbeskuit

Sien

Skaapstertjies

Sien

Ongebakte sjokoladekoekies

Sien