Benediktuseiers

Benediktuseiers

Bestanddele

HOLLANDAISESOUS
15 ml (1 e) witwynasyn
15 ml (1 e) suurlemoensap
2,5 ml (½ t) swartpeperkorrels
2 eiergele
125 g botter, gesmelt
EIERS
8 eiers
4 rolletjies, gesny en gerooster
200 g ham
’n hand vol blaarslaai

Metode

  1. Hollandaisesous: Meng die asyn, sap en peperkorrels in ’n klein kastrol oor matige hitte en bring tot kookpunt. Verminder die hitte en laat prut onbedek tot die vloeistof met die helfte verminder het. Giet deur ’n fyn sif in ’n klein hittebestande bak en plaas 10 minute eenkant.
  2. Klits die eiergele in die asynmengsel in. Plaas die bak oor ’n klein pot pruttende water, maar moenie toelaat dat die water aan die bodem van die bak raak nie. Klits die mengsel oor matige hitte tot verdik. Verwyder die bak van die hitte en klits die gesmelte botter in ’n dun, egalige stroom in. Klits aanhoudend tot die sous dik en romerig is.
  3. Eiers: Maak ’n groot, vlak braaipan halfvol water en bring tot kookpunt. Breek 1 eier in ’n koppie en laat gly dit tot in die pan. Herhaal met nog 3 eiers.
  4. Wanneer al die eiers in die pan is, laat die water tot kookpunt terugkeer. Bedek die pan, skakel die hitte af, en laat rus sowat 4 minute of tot ’n ligte lagie eierwit oor die gele set. Skep die eiers met ’n gaatjieslepel uit en dreineer op ’n papierhanddoek. Bedek om warm te hou en herhaal met die oorblywende eiers.
  5. Verdeel die blaarslaai en ham tussen die rolletjies, bedek met die eiers en hollandaisesous en sit voor.

 

Bron:  Huisgenoot Digitaal - Hope Malau

Foto:  Huisgenoot Digitaal

 
5,146 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Hamburger Patties

Sien

Korslose Appeltert

Sien

Sjokolade Melkskommel

Sien

Anderste Bobotie

Sien