Skaapstertjies

Skaapstertjies

Bestanddele

1 kg skaapstertjies

50 ml olyfolie

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

5 ml koljander, gemaal

1 takkie vars tiemie

2 suurlemoene

 

Metode

Bedek skaapstertjies in ’n pot met water. Kook tot sag. Verhit jou oond tot 200 °C. Gooi water af en plaas skaapstertjies in ’n oondpan. Sprinkel olie, sout, swartpeper, koljander en tiemieblare oor. Sny een suurlemoen in kwarte en voeg by. Rooster in die oond tot bruin. Druk die sap van die orige suurlemoen oor voor jy dit voorsit.

 

Bron:  Sarie Kos - Melissa van der Colf

Foto:  Sarie Kos

 
8,839 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Olive & Rosemary

Kerriemaalvleis Vetkoeke

Sien

Bros Konfyt koekies

Sien

Souskluitjies

Sien

Kerrie Marinade vir Sosaties

Sien