Skaapstertjies

Skaapstertjies

Bestanddele

1 kg skaapstertjies

50 ml olyfolie

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

5 ml koljander, gemaal

1 takkie vars tiemie

2 suurlemoene

 

Metode

Bedek skaapstertjies in ’n pot met water. Kook tot sag. Verhit jou oond tot 200 °C. Gooi water af en plaas skaapstertjies in ’n oondpan. Sprinkel olie, sout, swartpeper, koljander en tiemieblare oor. Sny een suurlemoen in kwarte en voeg by. Rooster in die oond tot bruin. Druk die sap van die orige suurlemoen oor voor jy dit voorsit.

 

Bron:  Sarie Kos - Melissa van der Colf

Foto:  Sarie Kos

 
9,536 kere besoek

Warm Melk Sponskoek

Sien

Maklike En Vinnige Pasta

Sien

Beesstert (Oxtail) Potjie

Sien

Patat en mango gereg

Sien