BESTANDDELE
- 60 ml botter
- 1 groot ui, gekap
- 15 ml kerriepoeier
- 5 ml borrie
- 1 gekapte vars rooi brandrissie
- 1 blik klappermelk
- 800 g-1 kg afgedopte garnale
- 30 ml suurlemoensap
- 10 ml mielieblom
- diepgebraaide uieringe vir garnering
- vrugtesambal en rys om voor te sit
METODE:
1. Verhit die botter in ʼn kastrol. Voeg die ui by en soteer dit tot goudbruin. Voeg die speserye en rissie by en soteer dit vir 30 sekondes. Gooi die helfte van die klappermelk by en laat die mengsel vir 15 minute prut.
2. Voeg die garnale en die res van die klappermelk by en laat vir nog 10 minute prut. Voeg die suurlemoensap by en verdik die mengsel met mielieblom. Garneer die kerrie met gebraaide uieringe en sit dit voor saam met rys en vrugtesambal.
Vrugtesambal:
Meng 125 ml elk piesang-, mango- en komkommerblokkies en 125 ml gerasperde vars klapper. Drup suurlemoensap oor.
Bron: Idees Tydskrif
Foto: Idees Tydskrif
2,532 kere besoek