Brandewyn Truffels

BRANDEWYN TRUFFELS

Bestanddele

2 Plakke Melk kooksjokolade
¼ Blok Sagte botter
4 Eetl Dikroom
3 Eetl Brandewyn
1 Pakkie Versiersuiker, gesif
Sjokolade-vermicelli of gekapte neute

 

Metode

Smelt sjokolade teen 70% krag in mikrogolfoond. Klits gesmelte sjokolade, botter, room en brandewyn saam. Sif versiersuiker geleidelik by en meng tot ‘n stywe pasta vorm. Plaas mengsel in yskas tot styf genoeg om te hanteer. Breek groot genoeg stukkies af om truffles te vorm en rol in ‘n balletjie. Rol elke balletjie in vermicelli of neute en laat toe om te stol. Plaas elke truffle in ‘n klein kolwyntjiepapiertjie. 

 

Wenk: 

Moenie langer as tien dae voor die tyd maak nie. Moet verkieslik in yskas geberg word. Ook ‘n ideale geskenk vir iemand spesiaal. Verpak truffles in mooi geskenkboksie met ‘n strik.

 

Bron: Vrouekeur (vanaf Leer kook met jou mikrogolf)

 
7,344 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Olive & Rosemary

Melkkos

Sien

Vlakoek

Sien

Eiervrugpizzas met slaai

Sien

Beestong met mosterdsous

Sien