Jan Braai se Hoenderstukke
Wat jy nodig het (vir 4 tot 6 mense):
12 hoenderstukke (boudjies of dye)
1 (25 ml) sopie botter
1 sopie knoffel (gekap)
1 sopie suurlemoensap
1 sopie opgekapte vars kruie (pietersielie, salie, roosmaryn, tiemie, basiliekruid)
1 t sout
1 t peper
Metode
1. Meng al die bestanddele, behalwe die hoender, saam.
2. Neem ’n skerp mes en maak een lang, diep sny tot teen die been van elke boudjie en een of twee diep snye in die bokant van elke dy.
3. Gebruik ’n teelepel om van die mengsel in elke sny te stop en gebruik jou skoon hande om die mengsel ordentlik in te vryf. Vryf al die marinade wat oorbly regoor die hoenderstukke.
4. Braai die stukke oor matige kole vir omtrent 20 minute en draai gereeld totdat hulle gaar is.
Bron: Netwerk 24 - Kos en Wyn (Oor die kole met Jan Braai)
Foto: Netwerk 24 - Kos en Wyn (Oor die kole met Jan Braai)
8,428 kere besoek
Sjokolade Koek
Sien
Kondensmelkkoekies
Sien
Pastaslaai
Sien
Jan Braai se Lamslendetjops
Sien
