Hoender-breyani
Bestanddele
30 ml (2 e) olie
1 ui, in dun skywe gesny
30 ml (2 e) kerriepoeier
5 ml (1 t) breyani-masala
5 ml (1 t) borrie
4 hoenderborsies, in blokkies gesny
500 ml (2 k) rys
1 L (4 k) hoenderaftreksel
15 ml (1 e) breyani-speserymengsel
1 blik (400 g) lensies
sout en peper
30 g amandelskyfies, gerooster
1 tamatie, gekap
2 eiers, gekook en in kwarte gesny
’n hand vol vars koljander, gekap
125 ml (½ k) droë appelkose, gekap (opsioneel)
Metode
- Verhit die olie in ’n pot en voeg die ui, kerriepoeier, brijani-masala en borrie by. Roer tot effens verbruin. Voeg die hoender by en braai 5 minute.
- Voeg die rys, aftreksel en breyani-speserymengsel by en laat prut 20 minute of tot die rys gaar is en al die vloeistof geabsorbeer het. Roer die lensies in, maak deurwarm en geur met sout en peper.
- Skep op en bedek met die amandels, gekapte tamatie, gekookte eier en gekapte koljander. Voeg die appelkose by (indien jy dit gebruik).
Bron: Huisgenoot Digitaal
Foto: Huisgenoot Digitaal
18,012 kere besoek