Chutney hoender met 'n kinkel
Bestanddele
1 kg pak hoenderporsies (boudjies en dytjies - kan borsstukke gebruik), met of sonder vel
1 koppie mayonaisse
1 koppie chutney
1 pakkie bruin-uiesop
1 blikkie ingelegde perskes, in wiggies gesny
'n paar ingelegde peppadews, opgesnipper (hoe meer peppadews, hoe warmer die gereg)
Metode
Voorverhit oond tot 180 grade Celsius.
Bespuit 'n oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
Maak die hoenderporsies skoon en spoel af. Plaas in 'n oondvaste bak.
Meng die mayonaisse, chutney, bruin-uiesop en gesnipperde peppadews saam in 'n mengbak.
Rangskik die perskewiggies bo-op die hoender.
Gooi die mayonaisse mengsel bo-oor die hoenderporsies en perskewiggies.
Plaas in die oond en bak vir ongeveer 45 minute tot 1 uur.
Bedien warm op rys en saam met groente.
Opsioneel:
Die perskewiggies kan met ingelegde pynappelstukke vervang word.
Die peppadews kan uitgelaat word vir 'n hoendergereg sonder byt!
Warm dubbel-sjokolade drankie
Roosterkoek (oor die kole of in die stoof)
Hoender-aartappelgebak
Sjokolade & Mallow Crispies Treats
