Hoender-breyani

Hoender-breyani

Bestanddele

30 ml (2 e) olie
1 ui, in dun skywe gesny
30 ml (2 e) kerriepoeier
5 ml (1 t) breyani-masala
5 ml (1 t) borrie
4 hoenderborsies, in blokkies gesny
500 ml (2 k) rys
1 L (4 k) hoenderaftreksel
15 ml (1 e) breyani-speserymengsel
1 blik (400 g) lensies
sout en peper
30 g amandelskyfies, gerooster
1 tamatie, gekap
2 eiers, gekook en in kwarte gesny
’n hand vol vars koljander, gekap
125 ml (½ k) droë appelkose, gekap (opsioneel)

Metode

  1. Verhit die olie in ’n pot en voeg die ui, kerriepoeier, brijani-masala en borrie by. Roer tot effens verbruin. Voeg die hoender by en braai 5 minute.
  2. Voeg die rys, aftreksel en breyani-speserymengsel by en laat prut 20 minute of tot die rys gaar is en al die vloeistof geabsorbeer het. Roer die lensies in, maak deurwarm en geur met sout en peper.
  3. Skep op en bedek met die amandels, gekapte tamatie, gekookte eier en gekapte koljander. Voeg die appelkose by (indien jy dit gebruik).

Bron:  Huisgenoot Digitaal

Foto:  Huisgenoot Digitaal

 
Aantal kere besoek: 13951

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Gestopte rissies (Chilli Poppers)
Gestopte rissies (Chilli Poppers)...meer
Peertert
eertert...meer
Bacon-en-Kaas-Kapokaartappels
Bacon-en-Kaas-Kapokaartappels...meer
Ryk Roomkaaskoek
Ryk Roomkaaskoek...meer
Pap-en-smoor
Pap-en-smoor...meer
Biltong en Cheddarkaas Quiche
Biltong en Cheddark...meer