Maklike Bobotie Resep
Bestanddele
Deel 1:
- 20 ml fyn gemmer
- 30 ml sagte bruinsuiker
- 10 ml kerriepoeier
- 15 ml borrie
- 10 ml sout
- 1 ml peper
- 60 ml margarien
- 5 middelslaguie, gekap
Deel 2:
- 2 snye wit brood, in water geweek
- 1 kg maer maalvleis
- 150 ml pitlose rosyne
- 60 ml blatjang
- 30 ml fyn appelkooskonfyt
- 30 ml asyn
- 30 ml worcestersous
- 30 ml tamatiepasta
Deel 3:
- 375 ml melk
- 2 eiers
- Vars suurlemoenblare of lourierblare
Metode
Stoofplaat en oond:
Verhit die margarien en uie in ‘n swaarboomkastrol en voeg al die droe bestanddele van Deel 1 by en braai dit totdat die uie sag is.
Voorverhit die oond tot 180° C/350° F.
Druk die water uit die brood uit en roer dan al die bestanddele van Deel 2 by die uiemengesel in.
Kook vir 20 minute oor 'n lae hitte en roer so af en toe.
Skep dan die mengsel in ‘n gesmeerde oondbraaipan.
Klits nou die melk en eiers saam en gooi dit oor die vleis.
Druk hier en daar ‘n suurlemoen of lourierblaar in die vleismengsel en bak vir 45 minute op 180° C/350° F (Deel 3).
Sit dit warm voor.
Bron: Maklike Resepte (Digitaal)
Foto: Maklike Resepte (Digitaal)