Tamatiesmoor

Tamatiesmoor

Bestanddele

15 ml (1 e) olie
2 uie, fyn gekap
15 ml (1 e) kerriepoeier
5 ml (1 t) paprika
400 g blik gekapte tamaties
250 ml (1 k) water
1 blokkie beesvleisaftreksel
15 ml (1 e) tamatiepasta
400 g boerewors, gerooster
6 worsbroodjies
’n hand vol koljander vir garnering

Metode

Verbruin die uie tot sag in ’n pan met verhitte olie. Voeg die kerriepoeier en paprika by en braai 2 minute terwyl jy aanhoudend roer.
Voeg die tamaties en water by en bring tot kookpunt. Voeg die blokkie beesvleisaftreksel by, verminder die hitte en laat prut 5 minute.
Voeg die tamatiepasta by en laat prut 10 minute terwyl jy aanhoudend roer tot verdik. Sit die pikante tamatiesmoor voor saam met ’n boereworsrolletjie en garneer met koljander.

 

Bron:  Huisgenoot Digitaal - Hope Malau

Foto:  Huisgenoot Digitaal - Misha Jordaan

 
6,665 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Biltong

Sout Tert

Sien

Hoenderkaaskoek

Sien

Rooi fluweelkaaskoekies

Sien

Catie se Melktert

Sien